SKATKISBOEKE - TREASURE CHEST BOOKS

(Herinneringe van ou boeke is 'n skat om te geniet - Memories of old books is a treasure to enjoy)

RAMALA REEKS - SIRKEL BOEKE

Die Ramala reeks speel af gedurende die 1840’s en handel oor boere se stryd om oorlewing naby Visrivier aan die Oosgrens van die land. Een van die boere se naam is Manie van der Walt en saam met hom bly ’n blonde reus met die naam van Alan D’Angely, ’n jong donker Fransman genaamd Louis Garde, ’n grysaard genaamd Abraham van Zyl, asook twee Zoeloes, wie sy vryheid hy gekoop het en hulle heet Karools en Klonker.

Die reeks verhaal begin waar die Mabesies stam 'n plaas se vee stroop en die eienaar en sy vrou vermoor.  Hulle pragtige 15 jarige dogter, Madelien Mynhardt, oorleef die aanval en word toe aangeneem deur Manie en sy vriende.  Manie gaan teen die reëls van die kommissie-generaal se bevel dat geen boerekommando die grens mag oorsteek om gesteelde vee van Madelien terug te kry nie. Hy is bewus van die Mabesies wat glo in Ramala, die god van Donder en vermom homself deur homself met roet te besmeer, ’n tiervel om sy lendene vas te maak, vel om sy skouers te hang, swart masker oor sy oë te sit en met ’n lang swart mantel, wat tot bykans op die grond strek, aan te trek.  Manie tree toe op as hulle god van Oorlog en oortuig die Mabesies om die vee terug te besorg.  Hy kry dit wel reg, maar word kort daarna gearresteer en gevonnis tot lewenslange ballingskap. In die proses konfiskeer die staat ook al sy besittings.  Voor hy na Algoabaai vervoer kon word, vir uitsetting uit die land uit, red sy vriende hom en vlug hulle almal saam na ’n grot in die Winterberge, wat toe hulle nuwe tuiste word.  Vandaar stel dit hulle in staat om die bewegings van die stamme dop te hou en ook enige ander gevare betyds raak te kan sien, om sodoende die grensboere vroegtydig te kan waarsku en beskerm.

Gerrie Radlof is hier hier op sy allerbeste en die voortvlugtiges van die gereg ervaar die een spanningsvolle oomblik na die ander.  In die verhale poog Manie van der Walt ook om weer sy vryheid en grond terug te win vanaf die regering, om sodoende weer vir sy getroue vriende ’n ordentlike tuiste te kan teruggee, vir al hulle opofferinge saam met hom.  Gerrie Radlof het geen bekendstelling nodig as ’n uitstekende skrywer nie en blink uit in die betrokke reeks van 32 verhale, waarvan net 13 weer in die tagtiger jare deur Sirkel Publikasies uitgegee is.  Ongelukkig is die 13 boekies van die tagtigerjare heeltemal deurmekaar uitgegee en dit mag lesers wat die Sirkel boekies lees egter pla. Gaan kyk gerus by "Reeks Boeke Name" vir meer inligting.

Die oorlogsvure brand - Gerrie Radlof (1980's)Sterf teen die kranse - Gerrie Radlof (1980's)
1. Die oorlogsvure brand - Gerrie Radlof (1980's) 2. Sterf teen die kranse - Gerrie Radlof (1980's)

Verraad in die nag - Gerrie Radlof (1980's) Twee moet sterf - Gerrie Radlof (1980's)
3. Verraad in die nag - Gerrie Radlof (1980's) 4. Twee moet sterf - Gerrie Radlof (1980's)

Die versteekte stad - Gerrie Radlof (1980's) Die lafaard - Gerrie Radlof (1980's)
5. Die versteekte stad - Gerrie Radlof (1980's) 6. Die lafaard - Gerrie Radlof (1980's)

Op die verkenners se spoor - Gerrie Radlof (1980's) Net die pistool - Gerrie Radlof (1980's)
7. Op die verkenners se spoor - Gerrie Radlof (1980's) 8. Net die pistool - Gerrie Radlof (1980's)

Die onheilige verbond - Gerrie Radlof (1980's) Die opstandeling - Gerrie Radlof (1980's)
9. Die onheilige verbond - Gerrie Radlof (1980's) 10. Die opstandeling - Gerrie Radlof (1980's)

Die silwer koets - Gerrie Radlof (1980's) Twee perde struikel - Gerrie Radlof (1980's)
11. Die silwer koets - Gerrie Radlof (1980's) 12. Twee perde struikel - Gerrie Radlof (1980's)


Tot teen die berge - Gerrie Radlof (1980's)
13. Tot teen die berge - Gerrie Radlof (1980's)

Copyright © 2022 by Pieter Haasbroek. All rights reserved.
Last updated: 4 Oktober 2022